Lekker Venda wegbreek naweek

7 tot 9 Augustus 2010

 

Kom ervaar hierdie onbekende, afgeskeepte deel van ons land. Die Venda mense met hul ryk kultuur, woon eintlik op Gauteng se drumpel. En net langs hulle, is die immer gewilde Kruger Nasionale Wildtuin. Dit is een deel van ons bestemming – die WILDTUIN – ‘n bekoring vir oud en jonk, Suid-Afrikaner en buitelander.

Kom vertrek saam met ons Saterdagdagoggend om 8 uur vanaf Pretoria, via Polokwane (waar ons ‘n kultuur museum gaan besoek), na Louis Trichardt. Hier draai ons Oos om ons laaste 75km af te le na Thohoyandou vir ‘n heerlike naweek by Fig Tree Lodge. Middagete sal by ‘n Ultra City in die omgewing van Polokwane geniet word. Tyd sal bepaal waar. Ons is op toer, so ons is tyd se baas.

Ons beplan om ongeveer 15:00 by Fig Tree te wees. Met aankoms kry ons ons lekker kamers, ons ontspan en geniet die lekker geselskap tot aandete, wat ongeveer 18:30 sal wees. Ons kuier die aand uit onder die wonderlike Koorsbome. Jy gaan slaap net wanneer dit jou pas. Daar is ‘n bekostigbare kontant kroeg beskikbaar vir drinkgoed.

Saterdagoggend, na ‘n heerlike koppie koffie en beskuit, vertrek ons na die wildtuin. Ons gaan die wildtuin binne deur Punda Maria en kom ook later die dag hier uit. Ons begin diere soek. (Daar is natuurlik ‘n prys vir elkeen wat die eerste een van elke spesie van die groot vyf sien). Voëls is vollop in die noorde en moet nie die mooi bome en omgewing weggooi nie. ‘n Lekker hamburgerbraai vir “brunch” gaan geniet word by een van die piekniek plekke, net so voor ons omval van die honger.

Ons gaan betyds terug wees by die lodge om te stort en reg te maak vir ‘n heerlike aand vol pret. Die personeel van die lodge gaan vir ons ‘n lekker braai gee en ons gaan ook die geleentheid kry om na tradisionele Venda dansers te kyk.

Sondagoggend eet ons ‘n lekker ontbyt en vertrek daarna na die Grootboom – ‘n 2000 jaar oue kremetartboom. ‘n Gids vertel ons die geskiedenis en statistiek van hierdie ou grote en wys vir ons die vele gesigte wat die boom het. Ons keer terug na die lodge en eet vir oulaas ‘n smaakvolle vingerete voordat ons die pad terug Pretoria toe aanpak.

Toerprys van R1900-00 per persoon wat deel en R2300 vir enkel persone.

Die toerprys sluit die volgende in:

Twee aande se heerlike verblyf in lugversorgde kamers

Alle etes soos hierbo uiteengesit

Alle toegang van besienswaardighede asook die Wildtuin se dagfooi.

Vervoer in ‘n lekker gemaklike bus wat se sitplekke kan terug slaan.

Dan is daar ook natuurlik jou vriendelike busbestuurder en ook ‘n geakrediteerde Nasionale Toergids.

Daar is gratis minerale water op die bus beskikbaar en jy is natuurlik welkom om jou eie drinkgoed vir die bus saam te neem.

Toerprys sluit alle ander drinkgoed en persoonlike aankope uit

'n Nie terugbetaalbare dep. van 50% sal jou plek verseker. As die toer deur ons afgestel wod sal alle gelde betaal terug betaal word.

Kontak Marieta by 0835441182 of by info@maranata-toere.co.za

BACK