Somtyds wonder ek hoekom…………..
En so breek die tyd aan om weer die GABRAN (Great Annual Bike Ride Across Natal) te gaan ry. Ag nee wat dit is mos maklik, geen wedren net ‘n lekker sosiale rit saam met 149 ander. Ja right.
Ons vertrek vertrek Donderdag 11:00 vanaf Pretoria en kry vir Cellilia by Linksfield waarna ons vir Nico, Johan en Piet in Heildelberg oplaai. Tak, Cecillia se man sal Vrydagaand by ons aansluit. Ons vorder goed en was by ATKV Drakensville om 17:30. Ons het lekker huisies gehuur om in te bly vir die eerste dag. Die naweek het goed begin met ‘n lekker braai. Marieta het vir ons slaai gemaak en ons het lekker weggelê. Daar word gepraat oor die volgende 3 dae in die saal. Ag dit is maklik, dit is mos afdraande tot in Durban. Wonder wie het dit gesê. Daar was nie te laat gekuier nie en ons het so 20:30 al gaan skuins lê.
Volgende oggend is ons vroeg op. Registrasie vind plaas vanaf 07:00. Alles afgehandel en ons val in die pad. Die eerste 50km tot by Winterton het goed gegaan. Hier het ons lekker ontbyt gekry. Lekker muffins en toebroodjies. Die volgende 46km was minder maklik en ek verllor my vrou vir 20 min. Later meer hier oor. Die laaste bult tot in Eskort was ‘n riller. Ons stop by die rolbalklub vir ‘n goed verdiende bier of twee. Ons oornag by Wagendriftdam. Kamp word opgeslaan en ‘n wonderlike middagete word woorsien. Ons ontspan lekker en kuier en toe ons weer sien is dit tyd vir aandete. Die mense het omtrent uitgehang met die kos. Lekker aand met ‘n orkes van 3 lede wat lekker musiek gemaak het. Bene voel goed en die belegging wat ek Donderdagoggend in ‘n nuwe saal gemaak het was elke sent die moeite werd.
Van slap was daar min, ek lê wakker van 24:00 af. Die wind begin waai met menig. Die tent raas en ruk en ek besef as die wind nie ophou nie gaan dit nog ‘n langer dag as nag wees. Dit is 06:00 en tyd om op te staan. Dit is bewolk en koud en die wind waai. Weereens is ontbyt uit die boonste rake. Jy noem dit, dit is daar. Na ons kamp opgeslaan het is dit tyd om die volgende 90km aan te pak. Sommer uit die kamp uit begin jy verwoed klim. Deur die dorp en ons swaai regs weg Mooirivier se kant toe. Ons volg die R103 al die pad. Dan begin ons klim en klim en klim tot in die wolke in en dit is net hier waar die moeilikheid begin het. Ja die wind het nog nie opgehou waai nie en nou begin dit ook reen. Die opdraandes wil nie op hou nie en dit voel of ek eerder maar siek moes gespeel het en ‘n dag se verlof in gesit het. My bene word nie warm nie, ek is nat, ek kry koud die water spat in my gesig ek kan nie behoorlik sien waar ek ry nie. Ek verlang na my Ma se warm sop en ‘n lekker snoesige bed want ‘n stoel gaan nie help nie want ek het nie meer boude nie. Hulle is seker af gevries of dood van die ry. Dankie tog bietjie afdraande tot by Mooirivier se Wimpy. Die eerste 40km was hel in die weer. Van die 40km het ons seker 35km geklim. Wimpy se Mega swart bitter koffie red my lewe. Dankie tog an hier af is daar nie meer ernstige klimme nie. Ons stop by die Bierfassl vir ‘n lekker draft. Ja dit is koud en reen nog steeds. Ons maak klere droog voor die lekker kaggel vure wat brand. Marieta dokter Piet se knieg, die man het so ‘n klein oopsie gehad. Die laaste 30km is lekker afdraande maar wat help ‘n afdraande as jy moet trap om weg te kom en jou wielle gooi soveel water in jou gesig dat jy nie kan sien nie. Gelukkig is die einde redelik vinnig daar. Reen het opgehou en ons slaan tente op, gaan eet en stort en trek warm aan. Ons klim in die bus en gaan kyk rugby by naaste kroeg. Geniet ‘n lekker pizza en rooiwyn. Toe ons uit kom drizzle dit weer. 20:30 en ons is terug in die bed. Ek dink ek het uitgepass.
Ek word 04:00 wakker gemaak deur my trane. O nee held it is nie trane nie dit is my blaas wat oorloop. Ek moet nou maar die gurige weer trotseer en ‘n draai gaan stap. Tot my verbasing is dit oopgetrek en net sterre waar jy kyk. Die son kom op oor die Midmar dam en die wind is doodstil. Dit gaan ‘n lekker dag wees. Gelukkig is daar nog ‘n stel droë klere maar skoene is sopnat. Weld it het nie lank gevat vir die skoene om droog te word nie. Ek voel sterk. Scott begin suffer onder my, dit is “payback time”. Ek kry my ritme en van die padfiets manne kan nie by hou nie. Ek laat Bothas Hill na ‘n vullietjie lyk. O hel daar is nog klimme en my bors begin brand en my “hart rate” raak raak aan 100% maar ek byt vas want ek weet die belonging wat wag is groot. En hier is dit. AFDRAANDE. Ek gooi alles oorboord en laat Scott gaan. Die pad is nat maar van 20km/uur na 30, 40, 50 dit raak nou lekker met die lekker kronkel pad, 60, 70 o hel ek moet seker stadig hier gaan ek vandag vir Scott omkeer. Die 3km afdraande is verby in sekondes. Wel dit het so gevoel. Scott het regop gebly, dankie tog. Die laaste paar klimme en ek suffer ‘n bietjie. Verlig was ek toe ek 85km bereik en ek sien die einde.
Nog ‘n wonderlike GABRAN agter die rug. Nou wag daar ‘n lekker stort en ‘n skaapbraai. Ons vertrek 14:30 en is 21:30 terug in Pretoria. Eich baie makliker met die kar.
Somtyds wonder ek hoekom straf mens jouself so baie.
Ek sal DV terug wees vir nog pyn in 2011.
Ek salueer die organiseerders vir ‘n great event. Well done Kevin and helpers.
Hierdie is ‘n rit wat elke fietsryer ten minste een maal in sy leeftyd moet ry. Doen dit met ‘n MTB, baie lekkerder.