


Ons ontmoet in Pretoria te
ry tot in Clarens waar ons die res van die groep ontmoet, voordat na Ramabanta vertrek waar ons die eerste aand gaan oorslaap. Hierdie is n drie tot vyf dae toer, afhangende van die reisplan wat aangevra word.
Ons kamp orals en maak self kos. Daar is wel 'n opsie om die eerste aand by Ramabanta in kamers te slaap. Die dames wat wil saam gaan maar nie Baboons wil doen nie is ook welkom om hier agter te bly vir die twee dae. Ramabanta is n besondere en unieke Lodge gelee in die betowerende berge van Lesotho, en die ideale plek om net te ontspan en die natuurskoon te waardeer.
Ons extreme naweek begin die volgende oggend om 05:30 in alle erns met die "Gevreesde" Baboons pas. Vandaar is die naweek onvoorspelbaar en gaan
ons meeste van die plekke in die veld slaap. Dws daar
Jy moet heeltemal self versorgend wees.
Wat is nodig:
Brandstof behoort nie 'n probleem te wees nie maar dit sal goed wees as jy
dalk ekstra brandstof kan saam neem.
Elke voertuig moet ook sorg vir sy eie herwinnings toerusting.
Drink water
Was water
Genoeg kos vir 7 dae
Flits
Pynpille (Iewers gaan iets begin pyn)
Sin vir humor. (Onthou net ons gaan nie tyd hκ om hom te soek as jy hom
verloor nie)
BAIE warm klere en reλn klere
Extra spaar wiel
Werks hand skoene (Want klippe gaan jy pak)
Geen drank op die roete terwyl ons ry nie. (Drank kan beteken dat jy n
gevaar vir jouself en vir ander word.) In die aand as ons kuier is jy meer as
welkom om te drink.
Geldige paspoort. Geen Visum benodig.
Voertuig registrasie papiere. As jou voertuig nog in die bank se naam is dan
moet jy n oorgrens brief van jou bank kry.
Kostes:
Kostes vir die toer wissel van R500 p/p tot R650 p/p, afhangende van hoe lank die toer is. Indien jy verkies om die eerste aand by Ramabanta te slaap dan is dit R300 p/p by die prys by. Die prys sluit in 'n wonderlike aandete by Ramabanta, waar daar ook 'n kontant kroeg is.
| HOME | BACK |